082 925 5553

Background pic
Oom Koos

Omtrent Ons

Omtrent ons

Laat in die vorige eeu het ons gesin toevallig met die aluminium potjie kennis gemaak en het ons ons eerste driebeenpotjie en stofie aangeskaf.

Die talle voordele wat die aluminium potjie ingehou het, het veroorsaak dat ons gewis ons potjie baie meer gebruik het en moes ons ook later aan ons vriende begin voorsien. Kort voor lank het dit tot ‘n informele gesins “bedryf” gelei.

Deur hierdie informele gesins “bedryf” het ons oor die jare baie passievolle potjie vriende ontmoet, en het die naam “Koos die Potjieman” spontaan hieruit ontstaan. Ons kry deurgaans goeie terugvoer en so ook word raad en resepte uitgeruil.

Kontak ons gerus indien u enige navrae het.

Groete

Koos die Potjieman